Skip to content

SA kleinhandel groei met 1,6% in Junie [KLANK]

# Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Junie met 1,6-persent gestyg. Die grootste bydraers was ander kleinhandelaars en algemene handelaars, wat albei groei aangeteken het. Seisoensaangepaste verkope het egter met 0,6-persent gedaal in vergelyking met Mei. Tussen April en Junie het kleinhandelverkope met 1,7-persent gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Raquel Floris van Statistiek SA sê die syfers dui op voortgesette, maar beskeie groei in verbruikersbesteding:

ENG FlorisOnJuneTradeSales