Skip to content

SA herdenk Vryheidsmanifes met nasionale dialoog by Vryheidspark

# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur, bied vandag ‘n nasionale dialoog by Vryheidspark in Pretoria aan ter viering van die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes. Die tema is, From Charter to Constitution – Bridging Generations, en sluit jeuggeleide paneelbesprekings en ‘n grondwetlike belofte in. Die verrigtinge word gehou om mense te laat besin oor die nalatenskap van die Manifes en sy rol in die vorming van Suid-Afrika se inklusiewe demokratiese samelewing.