Skip to content

SA aktivis pleit by wêreldleiers om volksmoord in Gaza te beëindig [KLANK]

# Die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en kulturele aktivis, Zukiswa Wanner, het regerings versoek om die volksmoord in Gaza te beëindig. Sy is deel van die Global Sumud-flottielje en sê nasies moet ophou om Israel te befonds en te bewapen. Wanner vra lande soos Turkye, Italië en Spanje om simboliese gebare in beslissende optrede te omskep. Sestien regerings steun die flottielje se veilige deurgang om hulp aan Gaza te voorsien. Wanner eis Israel se blokkade moet beëindig en Palestynse lewens beskerm word:

ENG-WannerOnGaza