Skip to content

Russiese aanvalle ontwrig kragvoorsiening aan 600-duisend mense in Oekraïne

# Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle het die elektrisiteitsvoorsiening aan minstens 600-duisend mense in Oekraïne ontwrig. President Volodimir Zelensky sê die hoofstad, Kiëf, en die stad Kharkiv is getref tydens die nagtelike aanvalle. Minstens drie mense is dood en 21 beseer. Zelensky sê die aanvalle het talle energie-aanlegte beskadig en vrese neem toe vir verdere kragonderbrekings. Hy beskuldig Rusland daarvan dat hy die Amerikaanse president, Donald Trump, se voorgestelde staking van aanvalle op energie-infrastruktuur ignoreer.