# Rugby: ‘n Baie verbeterde Springbok-span werk hard om hul reputasie te herstel na verlede week se treurige vertoning teen hul aartsvyande, die All Blacks. Die All Blacks loop teen rustyd met 10-7 voor in Wellington, met beide spanne wat ‘n drie gedruk het. Cheslin Kolbe het die Suid-Afrikaanse ondersteuners in die stadion op hul voete gehad toe hy onderskep en 75 meter hardloop het vir sy eerste drie. Hy het binne die eerste paar minute van die tweede helfte nog ‘n drie gedruk om die telling 17-10 in die Bokke se guns te maak. Damian Willemse het ‘n derde drie gedruk om die Bokke selfs verder voor te sit met 24-10.
[Bly by Bulletin om binnekort die eindtelling te sien.]