# Rugby: Springbok-ondersteuners in Auckland, Nieu-Seeland, het amateur-speurders geword in ‘n poging om uit te vind wanneer die span gaan land vir die twee Rugbykampioenskap-toetse teen die All Blacks. Die beraamde aankomstyd is nie aangekondig nie en Suid-Afrikaanse immigrante eht sosiale media gebruik en spanbeamptes gekontak om hul helde te kan verwelkom. Die Kaapstads-gebore Cindy Vahed sê kaptein Siya Kolisi het ‘n foto op die vliegtuig geneem en sy gaan na die lughawe met die hoop om die span te ontmoet.
Rugby: Bok-ondersteuners in Auckland kan nie wag om hul helde te verwelkom nie