Skip to content

Robot-ondersteunde operasies plaas chirurge onder druk

# ‘n Nuwe Japannese studie toon robot-ondersteunde chirurgie kan beduidende druk op chirurge plaas. Navorsers aan die Chiba-universiteit het sewe ervare uroloë regstreeks dopgehou tydens operasies, en hul breinaktiwiteit, spierspanning en hartfunksies gemeet. Daar is bevind hoër stresvlakke hou verband met verhoogde breinaktiwiteit, meer spanning in die skouerspiere, ‘n vinniger hartklop en minder wisselvalligheid in die hartklop. Wetenskaplikes sê die bevindings kan chirurgiese opleiding, die ontwerp van operasieteaters en chirurge se welstand verbeter. Dit kan ook pasiënte se veiligheid verbeter deur oomblikke van hoë spanning tydens robotondersteunde prosedures te identifiseer.