# Die regering van nasionale eenheid se tweede kabinets-lekgotla van vanjaar begin vandag in Pretoria. Ministers, adjunkte, premiers en leiers van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging sal die tweedaagse byeenkoms bywoon. Besprekings gaan fokus op dienslewering, ekonomiese groei, bestuur en die gereedheid om die G20-beraad aan te bied. Die uitkomste sal bydra tot die vorming van die regering se beleid, wetgewende agendas en die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring in November.
RNE se 2de Kabinet Lekgotla skop in Pretoria af