Skip to content

Rise Mzansi verdedig afskryf van R30-miljoen lening as ‘n wettige skenking [KLANK]

# Die leier van Rise Mzansi, Songezo Zibi, het die party se besluit verdedig om ‘n lening van 30-miljoen-rand af te skryf deur dit as ‘n skenking te verklaar in lyn met politieke befondsingswette. Die lening is gebruik om die party se verkiesingsveldtog in 2024 te finansier en afgeskryf nadat die party nie die oorblywende skuld kon terugbetaal nie, ten spyte van ‘n terugbetaling van meer as een-miljoen-rand gemaak is. Zibi verwerp bewerings van ongerymdhede, aangesien die wet skenkings deur organisasies toelaat:

ENG ZibiOnLoan