# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, sê die land gaan ʼn nuwe era van lae inflasie binne wat die moontlikheid van dalende inflasieverwagtings versterk. Die bank verwag vanjaar ʼn gemiddelde inflasiekoers van 3,4-persent en volgende jaar 3,6-persent voor dit in 2027 tot drie-persent daal. Kganyago het by die 2025 SA Tomorrow-beleggingskonferensie gesê die land se risikopremie is hoofsaaklik ʼn funksie van fiskale beleid, maar ʼn laer inflasiekoers gee ʼn meer optimistiese ekonomiese vooruitsig.
Reserwebank se president Kganyago sê Suid-Afrika nader ’n tydperk van lae inflasie