Skip to content

Reserwebank sal na verwagting terugkoopkoers sny of onveranderd laat te midde van wêreldhandelspanning

# Ekonome verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee die terugkoopkoers vandag met 25 basispunte sal verlaag of onveranderd sal hou. Dit is te midde van plaaslike en internasionale ekonomiese onsekerhede. Inflasie het in Junie met 0,2-persent tot drie-persent gestyg van die 2,8-persent in April en Mei. Aluma Capital se hoofekonoom, Frederick Mitchell, sê terwyl plaaslike toestande ‘n onveranderde koers ondersteun, maak die ingewikkelde wisselwerking van internasionale onsekerhede, handelsbeleidrisiko’s en plaaslike inflasionêre druk enige verskuiwing onwaarskynlik.