Skip to content

Reserwebank ondersoek meer as R4-miljard se oordragte van die DA se voorsitter van Finansies

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek die finteg-maatskappy Kastelo, wat gestig is deur die voorsitter van die DA se federale Finansies-komitee, Mark Burke, oor beweerde oortredings van valutabeheer. Dit behels oordragte van sowat vier-miljard-rand na die buiteland. ‘n Beëdigde verklaring beweer dat Kastelo moontlik kliënte se buitelandse valuta-toelaes vir eie voordeel gebruik en sy bedrywighede verkeerd voorgestel het aan die owerhede. Die maatskappy het sy sakemodel verdedig en sê dit stel kliënte in staat om voordeel te trek uit verskille in kripto-geldeenheidpryse tussen plaaslike en internasionale markte.