# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op drie-persent bly, minder as die huidige teiken van drie- tot ses-persent. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder ses-persent daal. Kganyago beklemtoon die skuif is daarop gemik om verwagtinge te anker, die rand te ondersteun en leningskoste oor die langtermyn te verminder. Hy is van mening dit sal toekomstige teikens lei:
Reserwebank mik na 3%-inflasieteiken, moontlike laer terugkoopkoers [KLANK]
ENG-KganyagoOnInflation