Skip to content

Rentekoersverhoging dreig te midde van inflasiedruk

# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader Donderdag terwyl ekonome waarsku dat ‘n rentekoersverhoging waarskynlik is met inflasie wat toegeneem het weens die oorlog in die Midde-Ooste. Die inflasiekoers het verlede maand tot vier persent gestyg teenoor 3,1 persent in Maart, wat deur hoër vervoer- en energiekoste aangevuur is. FNB en Sanlam-beleggings sê dit het markverwagtinge verskuif en die Reserwebank kan moontlik sy beleid verskerp om sy inflasieteiken van drie-persent te beskerm.