Skip to content

Renault span saam met Thales om Frankryk se hommeltuigproduksie op te stoot

# Renault in Frankryk gaan militêre hommeltuie vervaardig saam met die verdedigingstegnologiefirma Thales in ‘n verdere stap om hom te begewe in die produksie van militêre toerusting. Die motorvervaardiger sal Thales se Toutatis-afstandbeheerde gewapende hommeltuie in een van sy fabrieke bou. Die produksie van ‘n duisend eenhede per maand sal volgende jaar begin, hoofsaaklik gemik op oorsese markte. Die maatskappye sê die ooreenkoms sal Frankryk se nywerheidsvermoë op strategiese gebied aansienlik verhoog. Hommeltuie wat oor ‘n teiken sweef voordat dit aanval, speel ‘n sentrale rol in die oorlog in Oekraïne.