# ‘n Rekord aantal lande en streke gaan môre die 80ste herdenking van die atoombomontploffing in Hiroshima bywoon, insluitend Rusland se bondgenoot, Belarus, en die nuwelinge Taiwan en verteenwoordigers van Palestina. Amerika het op 6 Augustus 1945 ‘n atoombom op die Japanse stad afgegooi, wat sowat 140-duisend lewens geëis het. Drie dae later het ‘n tweede bom Nagasaki getref, met bykans 74-duisend sterftes. Verteenwoordigers van 120 lande en streke word by die seremonie verwag. Dit sluit egter nie kernstate soos Rusland, China en Pakistan in nie.
Rekord aantal lande woon 80ste herdenking van Hiroshima-atoombom by