Skip to content

Regterpresident Selby Mbenenge staar moontlike ampsklag in die gesig na skuldigbevinding aan growwe wangedrag

# Die Regterlike Dienskommissie het die Oos-Kaapse regterpresident, Selby Mbenenge, aan growwe wangedrag skuldig bevind. Dit keer ʼn beslissing van die geregtelike gedragstribunaal om wat hom skuldig bevind het aan wangedrag, maar nie growwe wangedrag nie. Dit spruit uit bewerings van seksuele teistering. Die kommissie sê Mbenenge se optrede, insluitend pogings om ʼn verhouding met ʼn junior werknemer, Andiswa Mengo, aan te knoop, is uiters onvanpas en strydig met ʼn geregtelike posisie. Hy sê hy sal president Cyril Ramaphosa vra om Mbenenge te skors terwyl die Parlement oorweeg of ʼn ampsklag teen hom ingestel moet word.