# Die regter-president van die Oos-Kaap, Selby Mbenenge, het die vrou wat hom van seksuele teistering aankla, Andiswa Mengo, gedurende sy getuienis by die Regterlike Gedragstribunaal, daarvan beskuldig dat sy aan selektiewe geheueverlies ly. Onder kruisverhoor deur senior staatsadvokaat, Salome Scheepers, het Mbenenge beweer Mengo het ’n paar uitlokkende gesprekke met hom begin. Mbenenge het ook erken dat hy Mengo gevra het om haar baadjie uit te trek want dit het sy uitsig belemmer. Hy dring daarop aan dat sy interaksies sosiaal was, en nie sy regterlike status weerspieël het nie:
Regter-president Mbenenge beskuldig sy teistering-klaer van selektiewe geheue verlies [KLANK]
ENG-MbenengeOnJacket