Skip to content

Regshindernisse bedreig SA se poging om R299-miljoen se repatriasiekoste te verhaal

# Suid-Afrika worstel teen regshindernisse in sy poging om ongeveer 299-miljoen-rand te verhaal wat bestee is aan die repatriasie van buitelandse burgers na Malawi, Nigerië en Ethiopië. Die Departement van Binnelandse Sake sê hy het die regerings gevra om die terugbetalings te doen. ‘n Kenner van Internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê egter Suid-Afrika kan sukkel om die geld te verhaal sonder bindende ooreenkomste wat vereis dat die lande die koste dek. Hy sê die betrokke lande het moontlik geen wetsaanspreeklikheid om te betaal indien sulke ooreenkomste nie bestaan nie.