Skip to content

Regering waarborg lening van R1-miljard aan SAL te midde van stygende brandstofpryse

# Die regering het ‘n leningswaarborg van tot ‘n miljard-rand aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens toegestaan om sy daaglikse bedrywighede te help befonds weens stygende brandstofpryse. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê dis nie befondsing nie, maar beteken die regering sal lenings waarborg indien die lugredery nie sy verpligtinge kan nakom nie. Hy sê die regering werk saam met die lugdiens om ‘n langtermyn strategiese aandelevennoot te bekom om verdere reddingsboeie te verhoed. Die lugvaartkenner Guy Leitch waarsku die waarborg dui aan die SAL is nog glad nie winsgewend nie.