Skip to content

Regering vra groter beleggings in rampvoorkoming en -gereedheid

# Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake vra groter beleggings in rampvoorkoming en -gereedheid om gemeenskappe te beskerm teen die groeiende uitwerking van klimaatsverandering en ander gevare. Suid-Afrika se rampbestuurstelsel berus op die Rampbestuurswet en word deur ‘n veelvlakkige stelsel van samewerkende regering bestuur. Die departement se direkteur-generaal, Mbulelo Tshangana, het by ‘n konferensie oor rampbestuursrisiko’s in Mpumalanga gesê rampvoorkoming moet deel vorm van ontwikkelingsbeplanning, dienslewering en infrastruktuurbelegging. Tshangana beklemtoon ook die noodsaaklikheid van vroeë waarskuwingstelsels, munisipale vermoë en gemeenskapsbetrokkenheid.