Skip to content

Regering verwelkom vrylating van twee Suid-Afrikaners uit Ekwatoriaal-Guinee

# Die regering het die vrylating van twee Suid-Afrikaners uit aanhouding in die Republiek van Ekwatoriaal-Guinee verwelkom nadat hulle kwytskelding verleen is deur die land se president. Peter Huxham en Frik Potgieter is op 9 Februarie 2023 in hegtenis geneem op vals dwelmklagtes en daarna tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin Phiri, sê die regering waardeer die regering van Ekwatoriaal-Guinee se voortgesette voorsiening van konsulêre toegang en die volgehoue gees van konstruktiewe diplomatieke dialoog.