Skip to content

Regering verleng brandstofheffingsverligting om stygende brandstofpryse te beperk

# Die Ministeries van Finansies en Minerale en Petroleumbronne het ‘n verlenging van die tydelike brandstofheffingverligting aangekondig om verbruikers te beskerm teen stygende brandstofpryse wat deur die voortgesette Midde-Oosterse konflik gedryf word. Die brandstofheffingsverlaging van drie rand per liter wat hierdie maand ingestel is, sal nou volgende maand en Junie van krag wees, met bykomende verligting vir diesel. Die ondersteuning sal vanaf Julie uitgefaseer word. Die plan sal na verwagting lei tot ‘n inkomste-verlies van sowat 17-miljard-rand.