# Die regering sê berigte dat die Nasionale Vryheidsdag-viering in Bloemfontein ontwrig is toe ʼn persoon na president Cyril Ramaphosa en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, op die verhoog beweeg het, is misleidend. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê die berigte is verkeerd en oordryf moontlik die aard van die voorval. Sy sê die program was tydens die voorval al afgehandel en die verrigtinge het na ʼn kulturele segment oorgeskakel:
Regering verduidelik berigte oor vermeende ontwrigting tydens Vryheidsdagvieringe [KLANK]
ENG MnukwaONFreedomDay