# Die regering het die Peo Pele-jeugfonds bekend gestel om jong entrepreneurs te help om hindernisse tot befondsing en sakeondersteuning te oorkom. Tydens die bekendstelling in QwaQwa in die Vrystaat, het die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Tembisa Ndabeni, gesê die fonds van 300-miljoen-rand sal jeugondernemings in verskillende stadiums van groei ondersteun deur die Agentskap vir die Ontwikkeling en Finansiering van Klein Ondernemings. Sy verwag groot belangstelling en het gevra vir meer vennote om befondsing uit te brei. Die program se uitwerking sal na ses maande hersien word.
Regering stel jeugfonds van R300-miljoen bekend om jong entrepreneurs in die Vrystaat te help