Skip to content

Regering skaal bedrywighede by Musina se tydelike repatriasiesentrum af

# Die Interministeriële Migrasie-komitee sê bedrywighede by die tydelike repatriasie-sentrum in Musina sal van 1 Augustus af van 20-duisend tot een-duisend-500 afgeskaal word. Dit volg na ʼn volgehoue afname in die getal ongedokumenteerde buitelanders wat by die fasiliteit verwerk moet word. Meer as 68-duisend buitelanders se inligting is sedert Junie vir repatriasie of deportasie verwerk. Die minister van Justisie en Grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die geleidelike vermindering sal nie die regering se vermoë beperk om ongedokumenteerde burgers te repatrieer of te deporteer nie.