# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê die nuwe sektorale teikens kragtens die Wet op Gelyke Indiensneming is nie raskwotas nie, maar ‘n manier om billike verteenwoordiging in die werkplek te verseker. Die departement het in die Hooggeregshof in Pretoria aangevoer die teikens is in oorleg met die betrokke sektore ontwikkel en is wel buigsaam. Die departement se regsverteenwoordiger, Fana Nalane, het gesê die veranderings word benodig om voortdurende ongelykheid in werksgeleenthede reg te stel:
Regering sê sektorale teikens word gestel vir billike verteenwoordiging in die werksplek [KLANK]
ENG NalaneOnTargets