Skip to content

Regering sê hy gee voorkeur aan inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping

# Die regering sê Statistiek Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmag-opname se uitslag vir 2025 se eerste kwartaal herinner aan die voortslepende probleme in die arbeidsmark. Werkloosheid het in die eerste kwartaal tot 32,9-persent gestyg en byna 300-duisend werksgeleenthede het tussen Januarie en Maart verlore gegaan vergeleke met die vierde kwartaal verlede jaar. Die regering sê die sewende administrasie gee voorkeur aan inklusiewe ekonomiese groei, werkskepping en strukturele hervorming. Hy sê hy werk saam met die sakesektor om belegging te ontsluit.