# Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sê onlangse ontwikkelinge in wêreldhandel, wat tariefverhogings insluit, het die dringende behoefte vir Suid-Afrika om sy markte te diversifiseer, beklemtoon. Amerika het in Augustus wederkerige tariewe van 30 persent op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel. Die departement se adjunkminister, Zuko Godlimpi, sê groter handel met Afrika, die benutting van internasionale handelsooreenkomste, die uitbreiding van waardetoegevoegde handel in goedere en dienste, en die aanspreek van sleuteluitdagings, soos toegang tot finansiering, is noodsaaklik. Hy sê die regering bevorder samewerking tussen sake en arbeid vir volhoubare uitvoergedrewe groei.
Regering is verbind tot bevordering van handel met tradisionele en ontluikende markte wat waarde toevoeg