# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, sê die regering het talle belangrike faktore geïdentifiseer wat volgens hom noodsaaklik is vir ekonomiese groei, beleggings en werkskepping. Dit sluit in belegging in infrastruktuur, vervoer, energie en telekommunikasie-infrastruktuur. Hy het gister die 20ste Confederation of Indian Industry Africa India Conclave in Indië toegespreek. Morolong sê die regering erken dis belangrik om handel te fasiliteer om ekonomiese groei en belegging te bevorder. Hy sê dit vereis dat doeaneprosedures en burokrasie vereenvoudig word en logistiek verbeter.
Regering identifiseer belangrike faktore vir ekonomiese groei en werkskepping