# Ten spyte van al die debatte oor Suid-Afrika se gespanne verhouding met die VSA, het die rand vandag sy beste vlak teenoor die dollar sedert middel Desember bereik en vanoggend tot 18-rand-een-sent teenoor die dollar versterk. In Februarie het die geldeenheid vlugtig tot bo 19-rand gestyg nadat die Amerikaanse president Donald Trump aangekondig het dat sy land gaan ophou om hulp aan Suid-Afrika te verleen oor sy grondonteieningsbeleid. Die dollar het teenoor die meeste geldeenhede verswak, met die mark wat fokus op Amerikaanse proteksionisme en tariewe.
Rand op beste vlak teenoor die dollar sedert Desember