# Die minster van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa het ‘n nuwe universele toegangstrategie bekendgestel, wat teen 2030 elektisiteit aan 1,6-miljoen Suid-Afrikaanse huishoudings sal voorsien. Ramokgopa het in die parlement ‘n model van gemengde finansiering aangekondig, wat netwerk- en nie-netwerktegnologieë veral in plattelandse en informele gebiede sal toepas. Die plan sluit in die konsolidering van toegangsprogramme, die verbetering van netwerke, en die heraanwending van toekennings uit die Geïntegreerde Nasionale Elektrifiseringsprogram om privaat belegging te lok. Die minister sê die 13-miljard-rand wat toegeken is, herposisioneer die strategie elektrifisering as ‘n ontwikkelingsprioriteit met meetbare sosio-ekonomiese opbrengste.
Ramokgopa stel gemengde finansieringsplan bekend gemik op toegang tot universele eletrisiteit in 2030