Skip to content

Ramokgopa sê ‘n kragpakket vir ferrochroom-smelters sluit in aansienlike konsessies

# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het bevestig die regering is besig om ‘n elektrisiteitspakket vir die ferrochroomsektor te finaliseer wat verder strek as die onderhandelde prysooreenkomsraamwerk wat beskikbaar is vir ander elektrisiteitsintensiewe ondernemings. Ramokgopa het tydens ‘n inligtingsessie gesê die bedryf het die negatiewe impak van hoë kragtariewe op die lewensvatbaarheid van die smelters, geopper. Hy het daarom kabinetsgoedkeuring gekry om saam met Eskom in onderhandelinge met die bedryf te tree. Hy sê sulke goedkeuring is nodig, want die ingryping behels “beduidende toegewings”.