Skip to content

Ramaphosa wil bilaterale betrekkinge met Viëtnam versterk

# President Cyril Ramaphosa is vandag en môre in Hanoi, Viëtnam, as deel van sy besoek aan drie nasies in Suidoos-Asië. Die Presidensie sê Ramaphosa se staatsbesoek aan Viëtnam weerspieël die dieper bande tussen die leiers van Suid-Afrika en Viëtnam, wat berus op wedersydse respek en toenemende samewerking. Hy sê die besoek val saam met verskeie betekenisvolle verwikkelings in Viëtnam se politieke landskap, insluitend ʼn oorgang in leierskap, die afsluiting van belangrike plaaslike beplanning en die land se toenemende aansien in ekonomiese kwessies in die streek en die wêreld.