# President Cyril Ramaphosa sê die verkiesing van Pous Leo die 14de is ‘n diepgaande oomblik vir die Katolieke Kerk en die wêreldgemeenskap. Robert Prevost is die eerste Amerikaanse pous wat die Katolieke Kerk lei. Ramaphosa sê die pous se vorige klem op vrede is ‘n oproep wat by ‘n groot deel die mensdom aanklank vind en die nalatenskap van wyle Pous Franciskus eer. Hy sê Suid-Afrika wens die pous ‘n geseënde en transformerende pousdom toe wat geloof, eenheid en solidariteit wêreldwyd sal versterk.
Ramaphosa wens die nuwe pous ‘n transformerende pousdom toe wat eenheid versterk