# President Cyril Ramaphosa glo die geskiedkundige verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika sal die huidige probleme oorkom. Dit volg nadat Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, Vrydag uit die land gesit is weens sy opmerkings oor president Donald Trump se administrasie. Die minister van Buitelande Sake, Marco Rubio, het Rasool beskuldig dat hy ʼn rasgedrewe politikus is en hom persona non grata verklaar. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan New24 gesê die regering is bereid om opbouende besprekings met die Trump-administrasie te voer oor sake waaroor hulle ooreenstem.
Ramaphosa vol vertroue spanning tussen Amerika en Suid-Afrika sal opgelos word