# President Cyril Ramaphosa het kommer uitgespreek oor die vlaag politieke moorde in aanloop tot volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Volgens die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad is 43 mense in Suid-Afrika tussen Januarie en September vanjaar in vermeende politieke sluipmoorde dood. Verlede week is twee ANC-vrywilligers doodgeskiet terwyl hulle besig was met ʼn deur-tot-deur veldtog in Umgababa in KwaZulu-Natal. Ramaphosa sê Suid-Afrika kan nie ʼn land wees waar mense vermoor word as hul standpunte verskil nie:
Ramaphosa veroordeel vlaag politieke moorde in Suid-Afrika [KLANK]
ENG RamaphosaOnPoliticalKillings