# President Cyril Ramaphosa lei vandag ʼn vergadering tussen die nasionale en provinsiale uitvoerende gesag in die Noord-Kaap. Dis in ooreenstemming met die president se voorneme om nou saam met provinsiale en plaaslike regerings te werk om inwoners se lewens te verbeter en ekonomiese geleenthede uit te brei. Die presidensie sê die provinsiale gesag onder leiding van premier Zamani Saul, sal sy vyfjaarplan aan Ramaphosa voorlê volgens die voorkeure van die sewende administrasie en Suid-Afrika se aanbieding van die G20-beraad.
Ramaphosa vergader met Noord-Kaapse provinsiale uitvoerende gesag