# President Cyril Ramaphosa lei vandag ʼn vergadering tussen die nasionale uitvoerende gesag en Noordwes se provinsiale uitvoerende gesag. Die tema is: ʼn Nasie wat vir almal werk. Dis deel van ʼn reeks vergaderings tussen die president en provinsies wat daarop gemik is om koördinering binne die regering, en dienslewering te bevorder. Die Presidensie sê verskeie benaderings tot diensleweringskwessies sal bespreek word, insluitend ingryping om dienslewering op plaaslike regeringsvlak te verbeter.
Ramaphosa vergader met leierskap in Noordwes om dienslewering te versnel