Skip to content

Ramaphosa stuur polisieminister Mchunu met onmiddellike ingang op spesiale verlof [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, met onmiddellike ingang op verlof geplaas. Dit volg op die verdoemende bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het Mchunu onder andere beskuldig van politieke inmenging in polisie-ondersoeke, bande met gewetenlose karakters, en die ontbinding van die Politieke Moorde-taakspan in KZN. Ramaphosa het gisteraand die nasie by die Uniegebou toegespreek en gesê dat hy professor Firoz Cachalia van die Universiteit van die Witwatersrand as waarnemende minister van Polisie aangestel het:

ENG RamaphosaOnActingMinister