# President Cyril Ramaphosa het die voormalige minister van Finansies, Nhlanhla Nene, aangestel as voorsitter van die Finansiële en Fiskale Kommissie vir ‘n tydperk van vyf jaar. Malijeng Ngqaleni is die ondervoorsitter. Die ander vier lede wat aangestel is, is Bulelwa Nqadolo, Advokaat Neo Tsholanku, Andrew Donaldson en Astrid Ludin. Die kommissie voorsien die Parlement, provinsiale wetgewers en plaaslike owerhede van raad oor geldsake en fiskale kwessies. Ramaphosa sê die lede se kennis en ervaring sal beduidende waarde voeg tot die kommissie.
Ramaphosa stel Nene aan as voorsitter van Finansiële en Fiskale Kommissie