# President Cyril Ramaphosa het die vestiging van ‘n regterlike kommissie van ondersoek aangekondig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi te ondersoek. Hy het bewerings gemaak teen senior wetstoepassingsbeamptes en die polisieminister Senzo Mchunu. Waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga sal die ondersoek lei. Ramaphosa sê die kommissie sal bewerings ondersoek wat verband hou met misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings binne die strafregstelsel:
Ramaphosa stel ‘n kommissie van ondersoek aan om bewerings deur Mkhwanazi te ondersoek [KLANK]
ENG RamaphosaOnCommission