# President Cyril Ramaphosa stel vandag die MIV-voorkomende inspuitbare medisyne, Lenacapavir, amptelik in Secunda, Mpumalanga, bekend. Die nuwe langwerkende antiretrovirale middel word twee keer per jaar per inspuiting toegedien en elke dosis bied ses maande lank beskerming. Die Presidensie sê die Lenacapavir-inentingsveldtog beklemtoon samewerking tussen die regering, burgerlike samelewing en die privaat sektor wat daartoe verbind is om MIV as bedreiging vir openbare gesondheid in Suid-Afrika te beëindig.
Ramaphosa stel Lenacapavir-inspuiting bekend om MIV te voorkom