# President Cyril Ramaphosa het groot hervormings aangekondig om munisipaliteite wat nie effektief funksioneer nie, reg te ruk en dienslewering te verbeter. Tydens die bekendstelling van die hersiene witskrif oor plaaslike regering in Ekurhuleni, het Ramaphosa voorgestel munisipaliteite se verantwoordelikhede moet in lyn gebring word met die betrokke munisipaliteite se kapasiteit, aanspreeklikheid moet versterk word, en inkomste uit water en elektrisiteit moet aangewend word vir die instandhouding van infrastruktuur. Hy het gesê die hervormings is daarop gemik om openbare vertroue te herstel en te verseker dat gemeenskappe betroubare basiese dienste ontvang:
Ramaphosa stel hersiene witskrif bekend om plaaslike regering te hervorm [KLANK]
ENG RamaphosaOnRevisedWhitePaper