# President Cyril Ramaphosa sê vroue-regters speel ‘n sleutelrol in die ontwikkeling van ‘n regverdige en gelyke regstelsel. By die Kaapstadse konferensie van die Internasionale Vereniging van Vroueregters het hy gesê dat vroue op die regbank help om die hofkultuur te verander, veral in sake van geslagsgeweld en vrouemoord. Ramaphosa het die vordering verwelkom dat byna die helfte van die topregters nou vroue is, insluitend die hoofregter, Mandisa Maya wat die Konstitusionele Hof lei:
Ramaphosa sê vroue-regters is noodsaaklik om ‘n regverdiger regskultuur te skep [KLANK]
ENG RamaphosaOnJudges