Skip to content

Ramaphosa sê Suid-Afrika moet verbind bly aan die vreedsame oplossing van konflik

# President Cyril Ramaphosa sê die gevolge van oorlog herinner almal daaraan dat leiers ‘n diepgaande verantwoordelikheid het om vrede na te streef. Hy het gister die 110de herdenking van die Slag van Delvillebos by die Suid-Afrikaanse Gedenkteken in Longueval, Frankryk, bygewoon. Dit het die moed en opoffering van Suid-Afrikaanse soldate vereer wat tydens die Slag van Delvillebos in Julie 1916 geveg het. Ramaphosa sê die Eerste Wêreldoorlog is gebore uit militarisme, imperiale wedywering, nasionalisme en die mislukking van diplomasie. Hy sê Suid-Afrika moet verbind bly aan die vreedsame oplossing van konflik.