Skip to content

Ramaphosa sê SA is gereed vir vennootskap met Botswana oor ekonomiese verskeidenheid [KLANK]

# President Cyril Ramaphosa sê Botswana kan op Suid-Afrika reken as betroubare buurman, vriend en vennoot op sy pad van modernisering en na ‘n toekoms van volgehoue ontwikkeling en voorspoed. Hy het die opmerkings gisteraand by ‘n staatsbanket in Gaborone gemaak. Die president is op ‘n tweedaglange staatsbesoek aan die land waar hy medevoorsitter is van die sesde sessie van die Twee-nasies Kommissie. Ramaphosa sê te midde van geopolitieke spanning het Botswana ‘n ware vriend van Suid-Afrika gebly:

ENG RamaphosaOnPartnership