# President Cyril Ramaphosa sê konflik en oorloë, handelsgeskille, die energieoorgang en die pas van die digitale rewolusie hervorm die internasionale orde. Hy het vandag ʼn openbare lesing by die Universiteit van Malaya gelewer. Ramaphosa sê die Israel-Hamas-skietstilstand word verwelkom, maar volgens hom bestaan kommer oor voortgesette aanvalle op Gaza en die Wesoewer. Hy sê die internasionale gemeenskap moet toesien dat die vredesooreenkoms ʼn pad vorentoe bied vir ʼn Palestynse staat en selfbeskikking: