# President Cyril Ramaphosa sê hy sal voortgaan om alles in sy vermoë te doen om die ekonomie te herbou, instellings te herstel en die samelewing te hernu. Hy het die land gisteraand by die Uniegebou toegespreek en gesê hy gaan die onafhanklike paneel se verslag oor Phala Phala op hersiening neem. Ramaphosa sê hy word deur die oppergesag van die reg en die beginsel van aanspreeklikheid gelei, en is voornemens om die mandaat wat aan hom gegee is, na te kom en te voltooi:
Ramaphosa sê hy sal voortgaan om Suid-Afrikaners te dien en hul belange te bevorder [KLANK]
ENG RamaphosaOnPath