Skip to content

Ramaphosa sê geskiedkundige onreg van kolonialisme in Afrika moet met eerlikheid en integriteit teengestaan word

# President Cyril Ramaphosa sê Afrikane moet trots wees op ʼn gedeelde identiteit oor geografiese grense, ondanks die vasteland se vele tale en kulture. Mei is Afrika-maand en herdenk die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief al het die meeste Afrikalande onafhanklikheid verkry, is die uitwerking van kolonialisme te sien in ongelykheid, ekonomiese uitsluiting, politieke onbestendigheid en konflik. Hy sê die geskiedkundige onreg van kolonialisme moet met eerlikheid en integriteit teengestaan word.